Chris Karsten 
Die dood van ‘n goeie vrou [EPUB ebook] 

Supporto

Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en ​meer onlangs, Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee en weldoener van die gemeenskap, dood gevind met engelvlerke aan. Haar man is die hoofverdagte maar dan forseer die polisiehoof haar om elders oplossings te vind. Hoekom? Te midde van kantoorpolitiek vind Ella boonop uit daar is ’n rooikop wat by haar geliefde Lou uithang. Haar ou vrese borrel na bo: wie kan sy vertrou en wie nie? En hoekom op aarde word Fred Lange skielik as ’n beter speurder as sy beskou? ​Die dood van ’n goeie vrou het ’n storielyn wat die slimste leser sal fnuik. Chris Karsten op sy beste.

€15.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Chris Karsten is ’n bekroonde skrywer en voormalige joernalis wat deesdae in Kanada woon. Hy is veral bekend vir die Abel-trilogie. Die dood van ’n goeie vrou is ’n opvolg op Die verdwyning van Billy Katz, die eerste in sy nuwe Ella Neser-reeks. Dié roman is benoem vir die ATKV-prys vir die beste roman sowel as die beste spanningsroman in 2015.

Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 464 ● ISBN 9780798174190 ● Dimensione 0.7 MB ● Casa editrice Human & Rousseau ● Pubblicato 2016 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 5053531 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

121.285 Ebook in questa categoria