Christine Ferreira 
Ná aan my hart [EPUB ebook] 

Supporto

Die skilder Monet se tuin in Giverny in Frankryk bevat ’n mengelmoes van irisse, lelies, malvas, kappertjies, papawers, dahlias en ander blomme wat welig en deurmekaar groei, skryf Christine Ferreira. Geen besoeker se liriese beskrywing van die rye papawers, antieke rose en ander blomme kan jou voorberei op wat agter die hoë tuinmuur op jou wag nie.
Net so is hierdie bundel vol oordenkings iets wat jy self moet ervaar. Maak dit deel van jou stilwordterapie en vier saam met Christine die mooi in die lewe. Sy skryf oor liefde, geloof en hoop – alles sake wat ná aan haar hart is. Elke storie is ’n klein blik op God se alomteenwoordigheid en sy betrokkenheid by elke aspek van ons daaglikse lewe. Haar boodskap is een van inspirasie wat jou met nuwe oë na jou verhouding met jouself, ander en God sal laat kyk. Algaande sal jy ook God se stem in sagte liefde hoor roep . . .

€7.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

CHRISTINE FERREIRA is die redakteur van Lééf – met hart & siel, ’n Christelike tydskrif vir vroue, waar sy daagliks haar passie uitleef vir dit wat vroue na aan die hart lê. Sy was lank verbonde aan die tydskrif Sarie se redaksie, waar sy bykans 10 jaar dié tydskrif se skoonheidsredakteur was. Christine is getroud met Johan, ’n kliniese sielkundige van Johannesburg, en ma van twee seuns, Christoff en Francois. Hierdie is haar debuutwerk.

Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 96 ● ISBN 9780796316349 ● Dimensione 4.2 MB ● Casa editrice Lux Verbi ● Pubblicato 2013 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4753875 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

139.397 Ebook in questa categoria