Deon Lamprecht 
Tannie Pompie se Oorlog [EPUB ebook] 
In die Driehoek van die Dood

Supporto

In Pompie van der Westhuizen se plaaskombuis buite Tsumeb het die skote nooit geklap nie. Maar die oomblik wanneer sy agter haar weermagradio’s ingeskuif het, het die Grensoorlog om haar begin woed.
Hierdie aangrypende boek vertel die ware verhaal van die boeregemeenskap van die sogenaamde Driehoek van die Dood in Suidwes en hoe hulle by die oorlog ingetrek is. Swapo-insurgente het die land jaarliks deur dié gebied binnegesypel om sagte teikens aan te val. Deon Lamprecht herskep die gebeure om ‘n Swapo-hinderlaag in die gebied met ‘n onmiddellikheid wat jou aan die keel gryp. Hy beskryf dit vanuit die perspektief van kommandant Roland de Vries, bevelvoerder van 61 Meg, die burgerlike vrywilligers en tannie Pompie, wie se man en skoonseun in die hinderlaag was. ‘n Spannende en diep menslike storie wat wys daar is geen wenners in ‘n oorlog nie.

€11.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Deon Lamprecht werk al 30 jaar lank as nuusjoernalis en artikelskrywer. In sy loopbaan by The Pretoria News, Beeld en Rapport het hy oor feitlik elke onderwerp geskryf, van misdaad en die omgewing tot die Bosoorlog en politiek. Hy was nasionale nuusredakteur van Beeld, stigter-redakteur van Media24 se Afrika-kantoor en ook drie jaar lank Media24 se nuusverteenwoordiger in Washington, DC. Sy liefde vir die onvertelde kant van ‘n storie het hom op ver skryfpaaie deur ons land, Afrika en elders geneem. Die penvrugte van hierdie reise het vir hom vier keer die prys as Beeld se beste artikel- en diepteskrywer van die jaar besorg. Hy is tans ‘n herskrywer by Huisgenoot.

Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 240 ● ISBN 9780624054207 ● Dimensione 13.0 MB ● Casa editrice Tafelberg ● Pubblicato 2015 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4533759 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

48.668 Ebook in questa categoria