Germarie Bruwer 
Skep ’n Tuiste – 75 Dekor- en Leefstylprojekte [EPUB ebook] 

Supporto

Skep ’n Tuiste is ’n samestelling van 75 kreatiewe en inspirerende projekte vir in en rondom die huis. Die skrywers gebruik alledaagse items en gee dit ’n nuwe kinkel met herwinnig, hergebruik en herlewing. Die skrywers pak projekte aan wat geskik is vir alle handwerk- en dekor-entoesiaste, van beginners tot dié met meer gevorderde vaardighede. Of dit nou ouma se ou tafel ’n nuwe voorkoms gee, oplossings vir ’n gebrek aan ruimte in ’n kind se speelkamer is, of boomstompe in eko-vriendelike koffietafels verander – hulle doen dit met styl en ’n tikkie eiesoortigheid. Hul uitgangspunt is dat jy nie ’n fortuin hoef te spandeer nie. Baie van hul projekte gebruik items in en om die huis of van rommelwinkels. Goedkoop dekoritems word deur die kreatiewe gebruik van verf, papier, materiaal en verbeelding omskep. As jy smag na ’n huis wat jou unieke persoonlikheid weerspieël, jou innerlike styl na vore wil bring, of jou huis volgens ’n knap begroting wil verfraai, Skep ’n Tuiste verskaf al die idees en inspirasie wat jy nodig het.

€9.01
Modalità di pagamento
Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 144 ● ISBN 9781432306847 ● Casa editrice Penguin Random House South Africa ● Pubblicato 2016 ● Scaricabile 3 volte ● Moneta EUR ● ID 4497768 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

5.936 Ebook in questa categoria