Helena Hugo 
Haar ma se kind [EPUB ebook] 

Supporto

Dania Pietersen is Dora en Jonnie Stals se susterskind wat vandat sy tien jaar oud is, by hulle inwoon. Sy is ’n modelkind wat haar sakgeld verdien deur babas en ou mense op te pas, in die skool en op die sportveld presteer, en boonop oulik toneel speel. Vakansies gaan sy gereeld na Ma-Lea in Worcester, tensy Jo-Anne al die pad van Londen af kom kuier. Dan roer sy nie, want tussen hulle is daar ’n baie spesiale band.
Volgende jaar is Dania sestien en Dora en Jonnie kan dit nie meer ontken nie: Dania hoort nie by hulle nie – sy is haar ma se kind. Maar wie gaan dit vir haar sê? Hoe kan hulle, noudat dit lyk asof die dag van waarheid weer eens uitgestel moet word.

€9.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar deesdae skryf sy voltyds. Haar romans Haar naam is Ragel, Marta en Ter wille van Talita is geliefde topverkopers. Sy is ook regisseur en skrywer van radiodramas en sepies soos die bekende Blinkwater en Mooi mense. Helena het drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSG-skryfkompetisie gewen en haar drama, Swane, is met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon.

Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 280 ● ISBN 9780796318619 ● Dimensione 1.3 MB ● Casa editrice Lux Verbi ● Pubblicato 2015 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4742961 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

124.409 Ebook in questa categoria