Julian Muller 
Geloof anderkant Sondag [EPUB ebook] 
Christenskap met en sonder die kerk

Supporto

‘n Groeiende groep gelowiges bevind hulle vandag buite die kerk. Hulle noem hulself nog Christene, maar sukkel om met die georganiseerde godsdiens te identifiseer. Ander is steeds tuis in die kerk, maar verlang na nuwe maniere van praat oor geloof. Dié boek is vir hierdie soekendes.
Die bekende teoloog Julian Müller onderskei tussen wat hy ‘n Sondag-geloof noem en ‘geloof anderkant Sondag’. Waar ‘n Sondag-geloof die veiligheid van duidelike reëls en vaste kerklike gebruike bied, laat geloof anderkant Sondag ruimte vir onsekerheid en vertwyfeling. Dit maak erns met die geloofsvrae waarmee mense worstel sonder om te oorvereenvoudig.
Müller gebruik sy eie vrae as vertrekpunt en neem treffende voorbeelde uit sy eie lewe om te wys dat daar wel anderkant Sondag geglo kan word.

€11.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Julian Müller is ‘n emeritus-professor aan die Universiteit van Pretoria. Talle boeke het al uit sy pen verskyn, waaronder ‘Om te mag twyfel’ en ‘Opstanding’. Vir ‘Die erediens as fees’ ontvang hy in 1992 die Andrew Murray-prys vir Christelike literatuur.

Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 204 ● ISBN 9780624066248 ● Dimensione 0.5 MB ● Casa editrice Tafelberg ● Pubblicato 2014 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4534578 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

141.046 Ebook in questa categoria