Ná die Napoleontiese oorloë word die Williamsgesin gedwing om na die Kaapkolonie te emigreer. Maar die gesig wat hulle in Algoabaai begroet, is allesbehalwe die rooskleurige prentjie wat in Engeland vir hulle geskets is. Rasmus Erasmus is een van die boere wat die immigrante moet help om by hul plase uit te kom. Hy is ook hul buurman en die eerste man wat daarin slaag om Emma se hart vinniger te laat klop. Dit verwar haar, want sy het geen begeerte om te trou nie. Boonop voel Rasmus dieselfde ná ’n liefdesteleurstelling en maak dit duidelik dat hy nie in ’n verhouding met Emma belangstel nie.
Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 192 ● ISBN 9781776358618 ● Casa editrice LAPA Publishers ● Pubblicato 2023 ● Scaricabile 3 volte ● Moneta EUR ● ID 8769700 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM