Doktor Denise Barry, dosent in Ou Nabye Oosterse Studie, se verhouding met die argeoloog Dale Peters was nog altyd besonder ingewikkeld. Met sy vertrek na die Midde Ooste het hy hulle verhouding summier verbreek. Maar toe Denise die geleentheid kry om die antieke Nabatese stad Petra, waar Dale is, te besoek, het hy heel opgewonde geklink om haar weer te sien. Wanneer Denise egter in Petra aankom, het Dale spoorloos verdwyn. Wou hy haar net vermy, of is hy ontvoer? Wie is die groep wat hulself die Arabiere vir Vryheid noem, en watter geheime bewaar hulle? Denise besluit om Dale te soek – want as hy nie meer deel van haar lewe wil wees nie, kan hy ten minste reguit en in lewende lywe vir haar sê!
Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 224 ● ISBN 9780624050544 ● Dimensione 0.7 MB ● Casa editrice Tafelberg ● Pubblicato 2011 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 2488056 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM