Newman se Voëls volgens Kleur bied vir die beginnervoëlkyker ’n vinnige, eenvoudige manier om Suider-Afrika se algemeenste voëls volgens hul kleur te identifiseer. Die vierde uitgawe van dié nuttige geïllustreerde gids is bygewerk met die nuutste gewone voëlname, uitgebreide habitatinligting en die mees onlangse verspreidingkaarte. Die leersame inleiding bevat praktiese wenke oor die uitken van voëls, inligting oor voëlanatomie en -klassifikasie, en raad oor waar om vir voëls te soek en wat jy op só ’n uitstappie moet inpak. Verkoopspunte: Volledig bygewerk – nou met illustrasies en foto’s. Gebruik kleur om voëls te identifiseer. Voëlname ook in inheemse tale. Verspreidingskaarte vir elke spesie. Ideaal vir beginnervoëlkyker.
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 336 ● ISBN 9781775848400 ● Publisher Penguin Random House South Africa ● Published 2024 ● Downloadable 3 times ● Currency EUR ● ID 9563542 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader