Author: Leon van Nierop

Support
Leon van Nierop is ’n baie bekende radio-, televisie- en romanskrywer. Verder doseer hy rolprentwaardering aan WITS en die Tshwane Universiteit van Tegnologie en is ook bekend as rolprentresensent. Hy het al meer as dertig publikasies die lig laat sien. In Desember 1999 ontvang hy die Twilight Life Time Achievement Award van ’n reklameagentskap vir sy bydrae as veral resensent tot die rolprentbedryf in Suid-Afrika die vorige 25 jaar. Hy het in 2009 die Caxton-toekenning gekry as beste skrywer van die jaar en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG-Sanlam radiodrama-skryfkompetisie bekroon. In 2011 word hy met ’n ATKV-Media Veertjie bekroon vir die beste dokumentêre program of programreeks vir Die Afrikaanse rolprent gister.




20 Ebooks by Leon van Nierop

Leon van Nierop: Wolwedans in die skemer
Wanneer Sonja Daneel ná ’n motorongeluk bykom, ly sy aan geheueverlies. Sy onthou net die wolf voor haar in die pad. Sonder ’n idee van wie sy is of waar sy vandaan kom, ontmoet sy die mense van Hote …
EPUB
Afrikaans
DRM
€14.99
Leon van Nierop: Plesierengel
Elke plesier het sy prys . . . Tristan Hansen word die engel van plesier genoem – ’n man wat R15 000 per nag vra en soveel genot verskaf aan die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue dat hulle …
EPUB
Afrikaans
DRM
€15.99
Leon Van Nierop: Ballade vir ‘n enkeling
In die laat tagtigerjare het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas …
EPUB
Afrikaans
DRM
€14.99
Leon Van Nierop: Adrenalien
Angs en adrenalien het die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed, hom laat skryf. Toe droog dit op en hy begin aan onttrekkingsimptome ly. ’n Kans om sy roman as rolprent te verwerk dwing …
EPUB
Afrikaans
DRM
€14.99
Leon Van Nierop: Stralerjakkers
“Die wêreld is hul speelplek, geld hul vernaamste vriend, maar iewers tussen swier en rykdom lê die luukse van die onontdekte.” Stralerjakkers was tussen 1996 en 2001 ’n radioverhaal-fenomeen wat daa …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Leon Van Nierop: Ratels
Ratels is ’n somerskool op ’n wildsplaas waar ’n groep jongmense, uit alle lae van die samelewing, bymekaarkom om oor hulself, die lewe en die natuur te leer. Dit raak aan alledaagse dinge soos korru …
EPUB
Afrikaans
DRM
€8.99
Piekfyn Afrikaans Graad 11 Huistaal Leerderboek
Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporêre leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervarings …
EPUB
Afrikaans
DRM
€9.49
Piekfyn Afrikaans Graad 11 Huistaal Onderwysersgids
Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 11 het die wêreld van multimediatekste betree – ons bied aan ’n TV-film vir interaktiew …
PDF
Afrikaans
DRM
€11.99
Leon van Nierop: Snydokter
’n Bekende chirurg verdwyn soos ’n groot speld nadat ’n operasie op ’n bekende aktrise skeefgeloop het … Van Nierop se vier en twintigste roman is die produk van Lapa en Etiket se Hoofkarakterwedst …
EPUB
Afrikaans
DRM
€12.77
Leon van Nierop: Katelknaap
Tristan Hansen is amper sewe-en-twintig, aantreklik en ’n engel van plesier: ’n gigolo waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal. Oor die liefdespel kan niemand hom iets vertel nie. …
EPUB
Afrikaans
DRM
€9.01
Leon van Nierop: Toy Boy
The first flashes of a Jo’burg thunderstorm illuminate 26-year-old Tristan Hansen’s spectacular Maboneng loft and the riches it contains: gifts from his many clients, tokens of their appreciation. Fo …
EPUB
English
DRM
€9.01
Leon van Nierop: Verklikker
Treine het nog altyd vir Marco Lange ’n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens …
EPUB
Afrikaans
DRM
€12.87
Leon van Nierop: Vuurvreter
As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan …
EPUB
Afrikaans
DRM
€12.87
Leon van Nierop: Insomnia
Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. En sy gaan soek na haar verloofde wat ook hier is vir hulp, maar vir ’n ruk niks van …
EPUB
Afrikaans
DRM
€12.80
Leon van Nierop: Bloedsuier
Toe Maryke, ’n jong hipnoterapeut, ’n kwak wat gehore kamma hipnotiseer probeer ontmasker, skud iets in haar onderbewuste los. Het dit te doen met die inbraak tydens haar matriekjaar? Wat is dit wat …
EPUB
Afrikaans
DRM
€10.27
Leon van Nierop: Moord op Lake Panic
’n Handvol sjefs by ’n meesterklas in die boendoes. ’n Vrou se lyk in die meer. ’n Privaat speurder wat moet vra: Wie het sy mes in vir wie?Lake Panic is die perfekte plek vir ’n verfyningskursus vir …
EPUB
Afrikaans
DRM
€12.89
Leon van Nierop: Druk speel!
Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Druk speel! is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help fl …
EPUB
Afrikaans
DRM
€11.60
Leon van Nierop: Duiwelsroos
’n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron. Daar ontdek hy pikswart rose wat ’n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos. Hy ontmoet die eksentrieke eienares van …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Leon van Nierop: Droomjagter
Gaan hulle mekaar vind of vernietig? Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus s …
EPUB
Afrikaans
DRM
€14.19
Leon van Nierop: Het van Verlangekraal
Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99