Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het.
Maretha Maartens skryf met haar ervare skrywershand ’n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 176 ● ISBN 9781776351442 ● Publisher LAPA Publishers ● Published 2022 ● Downloadable 3 times ● Currency EUR ● ID 8323524 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader