Alexander Strachan 
1 Recce, volume 2 [EPUB ebook] 
Agter vyandelike linies

Sokongan

1 Recce: Agter vyandelike linies neem die leser tot in die Recces se ‘binnekamer’. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970’s in Angola, Rhodesië en Mosambiek uitgevoer het. Operateurs sweet in vliegtuie of in duikbote diep onder die see. Hulle trotseer in die nagdonker riviere vol krokodille. Recces plaas springstof in ‘n tonnel diep in vyandelike gebied en omskep ‘n groot brandstofbergingsplek in ‘n Angolese hawestad in ‘n vlammehel. Daar was hewige vuurgevegte, oorwinnings, maar ook verliese . . . Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die hegte vriendskapsbande wat hulle gesmee het. 1 Recce: Agter vyandelike linies is Alexander Strachan, bekroonde skrywer en gewese Recce, se vervolg op sy topverkoper 1 Recce: Die nag behoort aan ons.

€14.99
cara bayaran

Mengenai Pengarang

Dr. Alexander Strachan is ‘n bekroonde romanskrywer van Harrismith in die Oos-Vrystaat. Ná sy studie in tale aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat verwerf hy sy doktorsgraad in Zoeloe aan die Universiteit van Pretoria en word ‘n vol professor in Afrikatale. Strachan se debuutbundel kortverhale, ‘n Wêreld sonder grense (1984), is met die Eugène Maraisprys bekroon. Hy skryf onder meer die romans Die jakkalsjagter (1990), wat met die eerste prys in De Kat en Antenne se Groot Romanwedstryd bekroon word, en Die werfbobbejaan (1994), waarvoor hy die WA Hofmeyr-prys ontvang. Met sy roman Dwaalpoort (2010) wen hy weer die WA Hofmeyr-prys vir letterkunde. Sy mees onlangse roman, Brandwaterkom (2015), wat oor die Anglo-Boereoorlog handel, is met die kyk NET-Rapport-boekprys bekroon. Oorlog en spesifiek die Grensoorlog vorm ‘n sentrale tema in sy oeuvre. 1 Recce Die nag behoort aan ons (2018) was sy eerste niefiksiewerk. Hiermee keer hy terug na die Bosoorlog en fokus hy spesifiek op 1 Recce se geskiedenis en rol tydens dié oorlog. Dit het wêreldwyd groot aftrek by verskillende gehore gekry en daar is ‘n verwagting geskep vir hierdie opvolgboek. Die aksiebelaaide 1 Recce Agter vyandelike linies is die tweede boek in die 1 Reccereeks van drie boeke. Strachan was self ‘n Recce.

Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi PERCUMA!
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 320 ● ISBN 9780624085218 ● Saiz fail 5.9 MB ● Penerbit Tafelberg ● Diterbitkan 2020 ● Edisi 1 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 7402533 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

230,335 Ebooks dalam kategori ini