Ellie se eerste ontmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Reeds met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy haar geliefde hond, Rudolf, van sy eiendom kom verwyder. Al hou hy nie van honde nie, voel sy steeds verplig om die nuwe intrekker touwys te maak op die dorp.Simon keer terug na Bloubaai na twintig jaar in Hollywood as ‘n suksesvolle draaiboekskrywer. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na ’n morsige egskeiding wat in die openbaar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm. Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie…
Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi PERCUMA!
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 192 ● ISBN 9781776359417 ● Penerbit LAPA Publishers ● Diterbitkan 2023 ● Muat turun 3 kali ● Mata wang EUR ● ID 9206900 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM