Amy Jephta 
Kristalvlakte [EPUB ebook] 

Sokongan

Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ʼn lewe aanmekaar. ‘n Gemeenskap op die Kaapse Vlakte bloei op die snypunt van politieke ordes, bende-base en godsdiensleiers. Soms is daar eilandjies vrede, soos in enige goeie oorlog. Maar oorlog is soos liefde: dit sal ʼn pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ʼn gemeenskap, ʼn verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ʼn sosiale werklikheid oop tot op die been.

€9.49
cara bayaran

Mengenai Pengarang

Amy Jephta is ‘n dramaturg en regisseur van Mitchell’s Plain in Kaapstad. As ‘n dramaturg is haar werk al uitgevoer by verskeie internasionale teaters en ook by die Edinburgh Fringe-fees. Amy is ook ‘n draaiboekskrywer, met twee speelfilms agter haar naam, en in 2013 is sy gekies as een van die Mail & Guardian se “200 Top Jong Suid-Afrikaners”.

Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi PERCUMA!
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 88 ● ISBN 9780624080015 ● Saiz fail 0.2 MB ● Penerbit Tafelberg ● Diterbitkan 2016 ● Edisi 1 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 4993524 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

23,870 Ebooks dalam kategori ini