Chris Karsten 
Die ontwaking [EPUB ebook] 
Oorspronklik uitgegee as Abel se ontwaking

Sokongan

’n Spesiale uitgawe van Abel se ontwaking, met ’n omslag wat aansluit by die film. Die ontwaking se premiere vind op 28 Augustus by die Silwerskermfees plaas en sal in Oktober 2014 in teaters begin vertoon. Rolverdeling: Gys de Villiers as Abel Lotz, Juanita de Villiers as Ella Neser, Paul Eilers as Silas Sauls. Vervaardiger en regisseur: Johnny Breedt. Afrikaans met Engelse onderskrifte. Abel bly op ’n burgerregerf buite Johannesburg waar hy die grootste deel van sy lewe saam met sy versteurde moeder deurgebring het. Daar bewerk hy die velle van klein diertjies wat hy verruil vir die maskers uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel spesiale planne. Hy wil vir hom ’n nuwe gesig uitsoek: dié van ’n mooi jong vrou. Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer. Hierdie moord is egter ongewoon. Die liggaam is byna sagkens agtergelaat, behalwe vir ’n vreemde wond op die skouer.

€15.99
cara bayaran

Mengenai Pengarang

Karsten het die ATKV-Prosaprys vir sy debuutroman, Frats, gewen in 2008 en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Seisoen van sonde in 2010. In 2011 wen Chris beide die ATKV-Prosaprys en die ATKV-Prys vir Spanningslektuur vir Abel se Ontwaking. ’n Man van min belang (2013) was naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd. Karsten is ’n ervare oudkoerantman (Beeld, Volksblad en Rapport) en skrywer van kinderboeke, sowel as ’n Ware misdaad-reeks. Hy woon deesdae in Kanada saam met sy vrou en sy seun.

Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi PERCUMA!
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 384 ● ISBN 9780798169158 ● Saiz fail 1.4 MB ● Penerbit Human & Rousseau ● Diterbitkan 2014 ● Edisi 1 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 4762791 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

789,885 Ebooks dalam kategori ini