Larissa gaan Nederland toe om verder te studeer. Dan hoor sy die jong Chandré, wie se aanrandingsaak sy vantevore behartig het, is vermoor. Larissa weet wie die skuldige is, en sal nie rus voor hy aan die pen ry nie. Sy keer terug na Suid-Afrika. By haar vriendin Reina en dié se man Derek, word sy met Gideon gekonfronteer. Gideon wat deur nagmerries geteister word. Sal Larissa en Gideon saam vreugde kan vind? Nog ’n lekkerlees-roman uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.
Mengenai Pengarang
Elsa Winckler is ’n gewilde skrywer van liefdesverhale. Sy het al die gesogte ATKV-Woordveertjie vir romanses gewen vir Tussen jazz en rock (LAPA) in 2010, Te eenders, te anders (Satyn) in 2014, en Liefde in laslap (Satyn) in 2016. Sy woon op Bettysbaai.
Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi PERCUMA!
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 248 ● ISBN 9780796322012 ● Saiz fail 0.3 MB ● Penerbit Lux Verbi ● Diterbitkan 2020 ● Edisi 1 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 7440205 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM