Jodi Picoult 
Negentien Minute [EPUB ebook] 

Sokongan

‘Hoe goed ken ‘n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort?’ – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer.
Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs negentien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.
Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling ‘n rol daarin gespeel het om ‘n innemende, liefdevolle seun in ‘n massamoordenaar te laat verander.
In ‘n era waarin boeliegedrag toenemend ‘n probleem is, ook in Suid-Afrika, bring hierdie meesleurende boek talle insigte vir ouers, onderwysers en tieners.

€9.99
cara bayaran

Mengenai Pengarang

JODI PICOULT is ’n gewilde en geliefde skrywer van etlike topverkopers, waaronder My Sister’s Keeper, Nineteen Minutes, The Storyteller en Small Great Things. Sowat 40 miljoen eksemplare van haar boeke is tans wêreldwyd in druk.
Meer as 25 romans het al uit haar pen verskyn en haar werk is al in 34 tale vertaal. My Sister’s Keepers is ook in ’n rolprent omskep.
Picoult is al verskeie kere bekroon, onder meer met die New England Book Award. Sy woon in New Hampshire in Amerika met haar man en drie kinders.

Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi PERCUMA!
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 456 ● ISBN 9781776190010 ● Saiz fail 0.8 MB ● Penterjemah Daniel Hugo ● Penerbit Jonathan Ball ● Bandar raya London ● Negara GB ● Diterbitkan 2020 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 7466665 ● Salin perlindungan Social DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

117,260 Ebooks dalam kategori ini