Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is net: Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor?
Mengenai Pengarang
René van Zyl is ’n oudjoernalis, skrywer en blogger. Sy woon op ’n plaas in die skaduwee van die Magaliesberge in Hartbeespoort, en is die ma van drie. Haar oudste seun is breingestremd. Sy het al twee samesweringsromans vir volwassenes die lig laat sien, asook 15 Romanzas. Sy het onlangs die jeugmark betree met Die monster in my melkskommel.
Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi PERCUMA!
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 192 ● ISBN 9780798183581 ● Saiz fail 0.2 MB ● Penerbit Human & Rousseau ● Diterbitkan 2023 ● Edisi 1 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 9052003 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM