Rudi Swanepoel is “n predikant by NG Gemeente Andrew Murray in Johannesburg. Hy is passievol oor kosmaak en gasvry wees. Ná matriek begin studeer Rudi teologie aan die Universiteit van Pretoria, maar hy onderbreek sy studies vir drie jaar om as kopieskrywer in die advertensiebedryf te werk. Hy voltooi later sy teologiese opleiding by Stellenbosch Universiteit en word “n predikant in die NG Kerk. Die afgelope nege jaar is Johannesburg sy tuiste, waar hy sy lewe deel met Carina (“n fisioterapeut) en hulle vier kinders.
1 Ebooks by Rudi Swanepoel
Rudi Swanepoel: Kom sit aan
Wat beteken dit vir ons om te eet? Is dit bloot die bevrediging van ‘n drang, die inneem van ‘n hervulling, soos om vulstasie toe te gaan en petrol vir jou motor te kry? Of kan kos, hoe ons dit voorb …
EPUB
Afrikaans
DRM
€9.49