Lea gaan skool toe is gebaseer op die suksesvolle Ben gaan skool toe boek en Ben-reeks deur Zuleka Smit wat by dogtertjies aanklank sal vind. Hierdie lieflike boeke word geillustreer deur Johann Strauss en Lea sal sommer dadelik in almal se harte inkruip. Hierdie is die eerste boek in die nuwe Lea-reeks en fokus op Lea; wat net soos haar boetie Ben; ook nou moet skool toe gaan. Lea hou so min van skool dat haar magie sommer pyn. Niemand by die skool wil met haar speel nie. Juffrou kondig ‘n kunswedstryd aan … miskien is daar ander maatjies wat ook soos Lea hou van teken? Zuleka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.
Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi PERCUMA!
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 32 ● ISBN 9781779880659 ● Penerbit LAPA Publishers ● Diterbitkan 2024 ● Muat turun 3 kali ● Mata wang EUR ● ID 10021064 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM