Amelia Strydom 
Lang pad na liefde [EPUB ebook] 

Ondersteuning

Vroedvrou Anouk doen dinge op háár manier. Sy maak al jare lank haar dogtertjie alleen groot, so al rondreisend van die een Overstrandse kampeerterrein na die ander, en selfs as Anouk snags moet uitgaan na ’n geboorte kom sy en klein Skyla goed reg, dankie. Sy’t g’n ’n man nodig nie. Maar wanneer ’n geboorte skeefloop en Anouk in ’n regsgeding betrokke raak, kom hy weer oor haar pad: Die groot tienerliefde vir wie sy nie goed genoeg was nie, wat haar as net nog ’n jol beskou het . . . wat haar swanger gemaak en toe weggedryf het. Of so onthou Anouk sake. Rossouw is nou ’n spesialis in die mediese reg en moet haar wanpraktyksaak hanteer, en hy het ’n heel ander interpretasie van wat jare gelede tussen hulle twee gebeur het. Toe hy leer Skyla is syne, is hy vuur en vlam om dinge tussen hom en Anouk weer te laat werk. Maar hulle’t albei soveel bagasie oorgehou, en boonop raak Skyla net toe baie ernstig siek. Anouk en Rossouw het reeds ’n swaar pad gestap, maar daar lê nog langpad voor . . .

€4.99
Betalingsmethoden

Over de auteur

Amelia Strydom (’n skuilnaam) het in Gauteng grootgeword in ’n huisgesin wat rondom boeke gedraai het. Sy het haar honneursgraad in godsdienswetenskap behaal en vir twee jaar daarin doseer. In 2008 het sy by ’n geboorte-eenheid begin werk, waar sy as doula (geboortebegeleier) eerstehands wonderwerke aanskou. Amelia en die liefde van haar lewe woon in die Overstrand, in ’n huis wat wemel van kinders, diere en boeke.

Koop dit e-boek en ontvang er nog 1 GRATIS!
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 224 ● ISBN 9780624070986 ● Bestandsgrootte 0.4 MB ● Uitgeverij Tafelberg ● Gepubliceerd 2014 ● Editie 1 ● Downloadbare 24 maanden ● Valuta EUR ● ID 4534977 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

755.463 E-boeken in deze categorie