Na ’n BA en diploma in Vertaling aan die US het Annelie Ferreira as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers gewerk. Daarna volg deeltydse- en vryskutwerk vir ’n verskeidenheid uitgewers en publikasies. Sy publiseer ’n aantal nie-fiksieboeke, onder andere Daar’s ’n mens binne, Die dag toe ons God gevang het en Eva ontmoet Einstein, asook ’n roman, Hoekom honde nie kan sing nie. Sy was die samesteller van Paaie, ’n boek oor verskillende godsdiensperspektiewe. Sy is getroud, met twee dogters, en bly tans in Bristol, Engeland, waar haar man as aktuaris werk. Sy reis gereeld terug na hulle huis in Durbanville.
6 Ebooks door Annelie Ferreira
Annelie Ferreira: Maar Tintin in Tibet
Dit net heeltemal way out buite die kwessie dat jou dominee-pa by jou flat opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat ’n messias daar gesien is. Of liewer, normaalweg is dit. Maar as …
EPUB
Afrikaans
DRM
€11.99
Annelie Ferreira: Chuck Norris kan deel deur nul
Albert kom agter dat sy suster Marlie skielik vreemd optree. Sy is vriendelik. Baie vreemd vir ’n sestienjarige ousus. Dan is daar nog die skoolboelie wat hom afknou, ’n ouma wat nie altyd normale ge …
EPUB
Afrikaans
DRM
€8.49
Annelie Ferreira: Dit vat guts
Mia wens mense kon grootword soos sywurms. Die een oomblik dryf jy weg in jou lekker fuzzy kokon, en die volgende oomblik is jy cool verby, met great boobs, gewoond aan ouens en jou lewe agtermekaar. …
EPUB
Afrikaans
DRM
€8.99
Annelie Ferreira: ’n Kameel, ’n sprinkaan en ’n vrot tamatie
Niks cools gebeur ooit op Koedoesdorp nie. Elke dag is so vervelig soos die ander. Veral Maandag-oggende. Maar hierdie Maandag is anders, want skielik is hulle voortuin vol kamele wat Gerrie se ma se …
EPUB
Afrikaans
DRM
€7.99
Annelie Ferreira: Die Rooikop, die Leeu en die Handgranaat
Die afgelope tyd voel dit vir Adele asof ’n groot hand haar wêreld gevat en dit geskud het. Sedert die begin van die jaar vaar sy skielik vrot in kuns. By die huis voel dit asof dinge ook skielik ver …
EPUB
Afrikaans
DRM
€9.01
Annelie Ferreira: Dit het alles begin by ’n hond
Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien ’n stukkie van wat hy wegsteek.Sou dit nie lekker wees as ons niks hoef weg te steek nie?“Wat as ons vir mense alles van onsself wys?” w …
EPUB
Afrikaans
DRM
€9.56