Anton F. Prinsloo 
’n Dief aan die kers – Skelm woorde deur die eeue [EPUB ebook] 

Ondersteuning

‘Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie.
So byvoorbeeld het die woord ‘ambisie’ eeue gelede niks met ’n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het dié persoon soos ’n bedelaar van huis tot huis geloop.
En die betekenis van die Nederlandse ‘dyk’ was toentertyd allermins dié van ’n “hoë wal by die see om water uit te hou”. Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou.
As ons vandag van ’n ‘kandidaat’ praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat ’n verpligte wit rok sou moes aanhê nie.
En die klein, kruipende diertjie wat ons ’n ‘wurm’ noem, kon toentertyd na ’n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het. Ligte, prettige leesstof.
Dié boek verskil van ’n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is. ‘

€12.99
Betalingsmethoden

Over de auteur

’n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue volg op twee susksevolle Pharos-publikasies deur dr. Anton F.Prinsloo, naamlik Spreekwoorde en waar hulle vandaan en Bygelowe en waar hulle vandaan kom.
Toe dr. Anton Prinsloo tien jaar oud was, is sy eerste twee verhale in die destydse dagkoerant, Die Transvaler, gepubliseer.
Sedertdien is hy in die wetenskap van taal geïnteresseerd, maar veral in die herkoms van Afrikaanse woorde en uitdrukkings.
Hy was voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Taaladviesraad van die destydse SAUK. Hy het verskeie artikels vir linguistiese tydskrifte geskryf en het nie minder nie as agt boeke gepubliseer. Hy is reeds ‘n dekade lank die skrywer van die rubriek “Taalkruie”, wat in die dagblad, Volksblad, verskyn.
Dr. Prinsloo het onder meer pryse van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ATKV en die FAK vir sy skryfwerk ontvang.

Koop dit e-boek en ontvang er nog 1 GRATIS!
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 288 ● ISBN 9781868901777 ● Bestandsgrootte 0.5 MB ● Uitgeverij Pharos ● Gepubliceerd 2013 ● Editie 1 ● Downloadbare 24 maanden ● Valuta EUR ● ID 5394052 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

183.892 E-boeken in deze categorie