Chris van der Merwe 
Die net is gebreek [EPUB ebook] 

Ondersteuning

“Ons, net soos ’n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug.” (Ps. 124:7). Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.
In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader.
Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe. In Die net is gebreek word ons herinner dat ’n groot krisis tot innerlike groei en verryking lei. Dan kan daar betekenis wees in ’n tyd van teenspoed, en ’n nuwe pad kan uit die doodloopstraat lei.

€11.92
Betalingsmethoden
Koop dit e-boek en ontvang er nog 1 GRATIS!
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 192 ● ISBN 9781776351268 ● Uitgeverij LAPA Publishers ● Gepubliceerd 2022 ● Downloadbare 3 keer ● Valuta EUR ● ID 8287912 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

75.645 E-boeken in deze categorie