Deon Lamprecht werk al 30 jaar lank as nuusjoernalis en artikelskrywer. In sy loopbaan by The Pretoria News, Beeld en Rapport het hy oor feitlik elke onderwerp geskryf, van misdaad en die omgewing tot die Bosoorlog en politiek. Hy was nasionale nuusredakteur van Beeld, stigter-redakteur van Media24 se Afrika-kantoor en ook drie jaar lank Media24 se nuusverteenwoordiger in Washington, DC. Sy liefde vir die onvertelde kant van “n storie het hom op ver skryfpaaie deur ons land, Afrika en elders geneem. Die penvrugte van hierdie reise het vir hom vier keer die prys as Beeld se beste artikel- en diepteskrywer van die jaar besorg. Hy is tans “n herskrywer by Huisgenoot.
4 Ebooks door Deon Lamprecht
Deon Lamprecht: Tannie Pompie se Oorlog
In Pompie van der Westhuizen se plaaskombuis buite Tsumeb het die skote nooit geklap nie. Maar die oomblik wanneer sy agter haar weermagradio’s ingeskuif het, het die Grensoorlog om haar begin woed. …
EPUB
Afrikaans
DRM
€11.99
Deon Lamprecht: Die Brug
In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oop gesigseuns vol bravade voor hul Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep staan aan die begin van hul rei …
EPUB
Afrikaans
€12.49
Deon Lamprecht: Bloedbroers
‘Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .’ – Marco Caforio, ouddienspligtige Op 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelos …
EPUB
Afrikaans
€9.99
Deon Lamprecht: Blood Brothers
On 10 June 1980, during the Border War, the SADF’s 61 Mechanised Battalion Group attacked a complex of Swapo military bases in southern Angola. A long day of bloody fighting ensued. Second Lieutenant …
EPUB
Engels
€9.99