Dina Botha & Salome Schutte 
Eerste liefde [EPUB ebook] 

Ondersteuning

In ruil vir ’n hart
Zac Meyer is veeleisend; stiptelikheid en intelligensie is sy groot vereiste. En ’n beeldskone vrou aan sy arm. Én, natuurlik, Nelliesbaai.
In dié prentjie pas Zanne nie. Sy’s doodgelukkig … wel, doodtevréde as sy die wêreld in fokus deur haar bril waarneem, as haar potplante water het en as sy saans die komme en gane op die aandelemark kan dophou.
Sy speel sekretaresse vir Zac, ja, al stotterend en stamelend, red sy selfs sy lewe. Sy weet sy is ’n ou valetjie, maar sý is gelukkig.
Totdat die noodlot ingryp en Zanne se lewe op sy kop keer. Sy weet skaars waar sy is en glad nie waar Zac staan nie …
Onweerstaanbare kok
Armand Retief is ’n selfversekerde, egoïstiese, klasbewuste snob. ’n Onaangename statusbewuste fossiel.
Hy en sy Retief-familie, dink hy, is verhewe bo ander.
Reza weet maar te goed sy moes nie onder valse voorwendsels deel van dié huishouding geword het nie, saamgespeel het dat sy ’n kok is nie … want van kook en koekbak weet sy niks, en sy’s eintlik een van hulle, ook ’n Retief, al weet hulle dit nie. Nog nie.
En maak nie saak of Armand se aantreklike bakkies haar speeksel laat opdroog nie; hy ís haar oom, nie aangetroud nie, blóédverwant.
Sy moet haar bewerasies onderdruk, hom sê. Ook vir haar oupa. Maar wanneer? En hoe?

€11.57
Betalingsmethoden
Koop dit e-boek en ontvang er nog 1 GRATIS!
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 238 ● ISBN 9780799353488 ● Uitgeverij LAPA Uitgewers ● Gepubliceerd 2011 ● Downloadbare 3 keer ● Valuta EUR ● ID 5205730 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

299.593 E-boeken in deze categorie

Geen resultaten