Jacolet Van den Berg 
Eva se appel [EPUB ebook] 

Ondersteuning

Beeldhouer Leah Louw moet al haar energie fokus op die beelde wat sy vir ’n uitstalling oor Madiba se nalatenskap maak. Maar wanneer Leah en haar suster, Mari, en dié se kinders in ’n motorongeluk betrokke is, word haar lewe op sy kop gekeer. Die beseerde Mari en haar kinders kom by Leah bly en die buurman Hein Malherbe, teen wie se motor hulle gebots het, ontferm hom oor hulle almal. Terwyl Leah aan haar beelde moet werk, kan sy haar aantreklike argitek-buurman nie uit haar kop kry nie. Maar Mari blyk ook haar oog op Hein te hê. Hoe kan Leah haar suster, ’n enkelma, van ’n kans op geluk ontneem? Nee, Hein is beslis verbode. Buitendien, by watter suster lê hy nou eintlik aan?

€4.99
Betalingsmethoden

Over de auteur

Jacolet van den Berg het BSc Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Haar eerste liefdesverhaal, Lied in jou hart (LAPA), het die 2011 ATKV-Woordveertjie vir Romanses ontvang. Eva se appel is haar eerste liefdesverhaal onder die Satyn-druknaam. Sy bly saam met haar gesin in die Paarl.

Koop dit e-boek en ontvang er nog 1 GRATIS!
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 224 ● ISBN 9780624071136 ● Bestandsgrootte 0.3 MB ● Uitgeverij Tafelberg ● Gepubliceerd 2015 ● Editie 1 ● Downloadbare 24 maanden ● Valuta EUR ● ID 4534983 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

769.864 E-boeken in deze categorie