Jacolet van den Berg 
Wanneer woorde onnodig is [EPUB ebook] 

Ondersteuning
Toe traumaberader Aria Brink vir Reuben Rademeyer by ’n partytjie ontmoet, wonder sy waarom hy vir haar so bekend lyk. Sy het die uitvoerende hoof van Medline, die hospitaalgroep waar sy haar praktyk bedryf, mos nog nie vantevore teëgekom nie . . . Van een ding is sy wel seker: dat daar onmiddellik ’n sterk aangetrokkenheid tussen haar en dié mooi man is.
Maar dan verskyn sy meisie aan sy arm en dit blyk dat hulle op die punt staan om verloof te raak.
Dieselfde aand is Reuben in ’n ongeluk betrokke en Aria word ontbied om vir hom berading te gee. Skielik onthou sy: Reuben was as student by toe haar suster, Ansu, verdrink het. En Aria het dié groep studentevriende van Ansu, wat haar nie kon red nie, steeds nie vergewe nie.
Aria wil tot elke prys verhoed dat Reuben uitvind wie sy is. Trouens, sy wil niks meer met hom te doen hê nie. Maar die noodlot gooi hulle telkemale weer saam.
€4.99
Betalingsmethoden

Over de auteur

Jacolet van den Berg het BSc Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Haar eerste liefdesverhaal, Lied in jou hart (LAPA), het die 2011 ATKV-Woordveertjie vir Romanses ontvang. Sy skryf nou ook onder die Satyn- en Hartklop-drukname. Sy bly saam met haar gesin in die Paarl.
Koop dit e-boek en ontvang er nog 1 GRATIS!
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● ISBN 9780624075813 ● Bestandsgrootte 0.3 MB ● Uitgeverij Tafelberg ● Gepubliceerd 2015 ● Editie 1 ● Downloadbare 24 maanden ● Valuta EUR ● ID 5505993 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

760.838 E-boeken in deze categorie