Auteur: Verna Vels

Ondersteuning
Verna Barbara Robertson Vels is op 13 Junie 1933 op Reitz in die Vrystaat gebore. Sy voltooi haar skoolloopbaan op dié dorp en gaan in 1952 na die Universiteit van Pretoria. In 1954 behaal sy ín BA-graad met drie hoofvakke, Afrikaans/Nederlands, Engels en Kunsgeskiedenis. In Desember 1954 begin sy by die SAUK in Durban werk as omroeper, en vir die res van haar professionele loopbaan sou sy betrokke wees by die radio- en televisiewese. In 1963 word sy na Johannesburg verplaas waar sy vir etlike jare die vroue-, kinder- en kunsprogramme behartig. In 1968 werk sy in Hilversum, Nederland, vir die buitelandse diens van Radio Suid-Afrika. In die middel 1970’s maak Verna ’n loopbaanskuif van radio na televisie – aanvanklik as regisseur en met haar aftrede in 1993 is sy die vrou met die hoogste uitvoerende posisie by die Suid-Afrikaanse televisiediens. Die Liewe Heksie-stories is aanvanklik as radioverhale aangebied en die eerste een is in 1961 op die kinderprogram Siembamba uitgesaai. Twee jaar later is daar met ín reeks radioverhale begin en in 1965 het die eerste boek by Human & Rousseau verskyn. Liewe Heksie is later vir televisie verwerk en op video uitgereik, dit is op plaat, kasset en CD vrygestel. Liewe Heksie en die rekenaar het in 1999 verskyn en is met die Tienie Holloway-medalje, ATKV-kinderboektoekenning en C.P. Hoogenhout-toekenning bekroon.




1 Ebooks door Verna Vels

Verna Vels: Liewe Heksie se groot omnibus
41 stories in een omnibus! Hierdie groot omnibus sluit al die oorspronklike Liewe Heksie-stories in wat in die eerste Liewe Heksie-omnibus (2002) en Liewe Heksie en die rekenaar (1999) vervat is. Lie …
EPUB
Afrikaans
DRM
€14.99