Wat dryf 'n pragtige jong ma van drie daartoe om haar man wreed te laat vermoor? Waarom wou Suretha Brits só graag van Leon ontslae raak?
Danksy binne-inligting van vriende, familie en die polisie, sit die ondersoekende joernalis Charné Kemp al die stukkies van die legkaart bymekaar en vertel die volle verhaal van die huurmoord op die geliefde Pofadder-hotelbaas.
'n Boeiende ware misdaadverhaal oor diamante, Krugerrande, seks, verraad en wraak.
O autorze
Charné Kemp is 'n bekroonde ondersoekende joernalis en skrywer. Sy het naam gemaak in die Afrikaanse media deur haar werk vir verskeie gewilde publikasies soos Rapport, Volksblad, Beeld, Netwerk24, Rooi Rose, Insig and Sarie.
Sy is die skrywer van Moord op Griekwastad en Bloed, dunner as water. Charné woon in Kimberley.