Chris Karsten 
Anderman se vrou [EPUB ebook] 

Wsparcie

“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie.” Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar ná die dood van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die destydse hoof van Bon Accord, en sy vrou, Rachel, nooit geïdentifiseer nie? Al manier is om terug te loop op die spoor, voetjie vir voetjie. In sy beendere weet Wim sy ou aartsvyand Simon Pope lewe nog. Dis maklik om twee en twee bymekaar te sit, so hy koop ’n kaartjie Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte. En gaan soek die meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse Vlakte. Kry, sal hy hom kry. Dis ’n lewenstaak – vir Portis, en vir Wim.

€14.99
Metody Płatności

O autorze

Karsten is ’n bekroonde skrywer en voormalige joernalis. Sy debuutroman, Frats, ontvang in 2008 die ATKV-prosaprys en in 2010 word Seisoen van sonde bekroon met die ATKV-prys vir Spanningslektuur. In 2011 ontvang Karsten beide die ATKV-prosaprys en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Abel se ontwaking.

Kup ten ebook, a 1 kolejny otrzymasz GRATIS!
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 352 ● ISBN 9780798179836 ● Rozmiar pliku 2.1 MB ● Wydawca Human & Rousseau ● Opublikowany 2019 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 7248183 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

Więcej książek elektronicznych tego samego autora (ów) / Redaktor

118 500 Ebooki w tej kategorii