Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die Karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?
O autorze
Shân Fischer het 'n agtergrond in beide tradisionele en digitale kuns. Haar fokus was op karakterontwikkeling vir opvoedkundige kinderspeletjies, voordat sy twee jaar in Japan as 'n vryskut-kunstenaar en Engelse onderwyser gaan werk het. Sy is tans ’n vryskut-illustreerder in die boek-, animasie- en filmbedryf.