Elsa Hamersma 
Droomman aan boord [EPUB ebook] 

Wsparcie
Victoria Vermaak se ouers nooi haar saam op ’n luukse bootreis om te herstel ná sy in ’n motorongeluk betrokke was. Haar lewenslustige vriendin Belle, wat saamreis, het egter nie net herstel in gedagte nie: Sy het die bootrit na die MVV – die manvangvaart – herdoop en is vasberade dat sy en Victoria voor die einde van die vakansie elk ’n nuwe manlike bewonderaar moet hê. Op die boot loop Victoria vir Bartho Krüger raak, die sakeman wat sy die aand van die motorongeluk ontmoet het. Hy herstel ook op die vaart ná ’n ski-ongeluk hom tydelik aan ’n rolstoel gekluister het. Hoewel die besonderhede van hul eerste ontmoeting vaag is, onthou Victoria dat hy vir haar presies gelyk het soos sy haar droomman voorstel. Is Bartho werklik als waaroor Victoria nog altyd droom? Is dit net sy afhanklikheid van die rolstoel wat hom so nukkerig maak? Wat van sy broer, Lukas, wie se blote aanraking haar vel byna aan die brand laat slaan . . .?
€4.99
Metody Płatności

O autorze

Elsa Hamersma het grootgeword in Pretoria, waar sy ook studeer het. Ná haar huwelik met André leef hulle in Johannesburg. Ná aftrede trek hulle Stellenbosch toe en bou ’n vakansiehuis op Jakkalsfontein aan die Weskus, waar hulle tans voltyds woon. Elsa het al verskeie tydskrifverhale, romanses en ’n bekroonde jeugverhaal die lig laat sien.
Kup ten ebook, a 1 kolejny otrzymasz GRATIS!
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 224 ● ISBN 9780624079804 ● Rozmiar pliku 0.3 MB ● Wydawca Tafelberg ● Opublikowany 2016 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 5053448 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

Więcej książek elektronicznych tego samego autora (ów) / Redaktor

760 838 Ebooki w tej kategorii