Elsa Joubert 
Spertyd [EPUB ebook] 

Wsparcie

“Daar is ’n dun skilletjie om ons brein wat ons in die hede anker. Maar soos ’n mens oud word, kom daar skeurtjies in die skil, soos ’n ou laken skif. Dan stroom die verlede daardeur, ontydig of nie. Dis hoekom oumense deurmekaar raak, of hulle konsentrasie swak word, of hulle dinge soos sleutels verloor.” Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken in besondere detail en met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Selde, indien ooit, is daar al só eerlik, met so ’n totale afwesigheid van sentimentaliteit geskryf oor die oudwordproses. Dit is egter allermins ’n swaartillende leeservaring, want deernis en humor bly nooit agterweë nie.
Spertyd is ’n boek wat geen leser onaangeraak sal laat nie – dit bied nie alleen helder insig in die skrywer se lewensbeskouing nie, maar nooi ten slotte elke leser uit om diep na te dink oor sy of haar eie bestaan.

€14.99
Metody Płatności

O autorze

Elsa Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy wen die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978). Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzog-prys bekroon.

Kup ten ebook, a 1 kolejny otrzymasz GRATIS!
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 208 ● ISBN 9780624084334 ● Rozmiar pliku 0.4 MB ● Wydawca Tafelberg ● Opublikowany 2017 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 5492728 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

Więcej książek elektronicznych tego samego autora (ów) / Redaktor

769 864 Ebooki w tej kategorii