Antjie Krog 
Kleur kom nooit alleen nie [EPUB ebook] 

Apoio

RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2001)
In ‘n paar opsigte verskil hierdie digbundel van Antjie Krog se vorige werk: vir die eerste keer beweeg die verse ook buite Suid-Afrika – elders in Afrika en ook Europa. Die verse staan in die teken van ‘n soeke na identiteit op die kontinent en die vind van ‘n plek binne die Afrika-bestel. Soos in haar vorige bundels hanteer Krog ook in hierdie bundel die persoonlike, die politiese en die land(skap).

€11.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Anna Elizabeth (Antjie) Krog is op 23 Oktober 1952 in Kroonstad gebore. Sy is 18 jaar oud toe haar eerste digbundel, Dogter van Jefta, in 1970 verskyn. In 1972 verskyn Januarie-suite en dit is in 1973 met die Eugène Marais-prys bekroon. Sy behaal ‘n BA-graad en honneursgraad in Engels (1973) aan die Universiteit van die Vrystaat. In 1976 verwerf sy ‘n MA-graad in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Haar digbundel Jerusalemgangers is in 1987 met die Rapportprys bekroon en in 1990 ontvang Antjie die Hertzogprys vir poësie vir Lady Anne. In 1993 is sy aangestel by die tydskrif Die Suid-Afrikaan, en in 1995 begin sy as politieke verslaggewer by die SAUK te werk. Antjie lewer van 1996 tot 1998 verslag oor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Sy verwoord haar ervarings oor die proses in Country of my Skull wat in 1998 gepubliseer is en wat met onder meer die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys ontvang.
In 2003 word die bundel Met woorde soos met kerse, wat haar Afrikaanse vertalings en herbewerkings van poësie uit Suid-Afrikaanse inheemse tale, en een van die San-tale, bevat, aangewys as die wenner van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut se driejaarlikse wedstryd. Kwela Boeke publiseer in 2004 die digbundel Die sterre sê ‘tsau’ en dit haal die kortlys van die M-Net-prys vir poësie vir 2005. Kleur kom nooit alleen nie is in 2001 met die eerste RAU-prys vir skeppende skryfwerk bekroon.
Sy is sedert 2004 ‘n buitengewone professor in Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Compre este e-book e ganhe mais 1 GRÁTIS!
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 104 ● ISBN 9780795707797 ● Tamanho do arquivo 0.9 MB ● Editora Kwela ● Publicado 2016 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 5286511 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

113.217 Ebooks nesta categoria