Autor: Anton van der Merwe

Apoio
Emil Anthony van der Merwe is gebore 1967-02-25 in Gauteng, Suid-Afrika. Hy het gematrikuleer te Hor Landbouskool Kuschke in 1985. Meld aan vir Nasionale Diesplig by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vir n tydperk van 30 maande waarop hy grensdiens verrig het en verskeie meriete toekennings verwerf het. Hy begin sy loopbaan by die Langkloof Boere Koperasie waarna hy geattesteer is by die Suid-Afrikaanse Polisie diens op 1990-11-01. Hy help skryf aan verskeie opleidings en oorlewings kursusse. Hy studeer te Technicon RSA, maar dit is een gebed wat sy lewe vir hom sou verryk, dit is ook hier waar hy die meeste kennis opgedoen het. Na sy lewens ervaringe en blootstelling word die wilde, ongetemde seun, n liefdevolle man met n getuienis wat hom inspereer om die storie Draaipunt te skryf. Stormagtige omstandighede wat elk van ons lei tot vrae het hy, man alleen met hulp en genade van God oorkom. Soos hy dit stel, n mens kan slim word van n ander se kennis maar kan nie wys word van n ander se ervaring nie. Hy deel die gebeure op n unieke en opwindende wyse sodat kind en volwassene dit kan verstaan. Hy is tans besig met sy volgende manuskrip wat handel oor lewe.




1 Ebooks por Anton van der Merwe

Anton van der Merwe: Draaipunt
Die skrywer is n normale Suid- Afrikaanse vader en eggenoot met n beroep wat hy nie met sy gesin gedeel het nie. Van kind, na soldaat, na boer, na sakeman, na Polisie beampte. Hy begin die verhaal by …
EPUB
Afrikaans
DRM
€6.49