Chris Karsten 
Die respektabele meneer Hartslief [EPUB ebook] 

Apoio

Wanneer ’n nagklubbaas die katelknaap van sy minnares laat vermoor deur ’n eksentrieke huurmoordenaar, loop hy hom vas in die vermoorde se familie, die Hartslief-clan van Brixton. Elie Hartslief is die brein; Antie Engel met haar sopkombuis en sesde sintuig die hart; neef Boela met die slaghuis, die spiere; en die verfynde Moks met sy helderkleurige mohican en daggakoekies die bek. Elie is deesdae amper respektabel en mnr. Morkel van Morkel Wealth se regterhand, maar sy broer se moord noodsaak dat die Hartsliefs laer trek. Maar hulle teenstanders is die berugte Bogdan Petrescu en sy huurmoordenaar Lood – ’n man met ’n voorliefde vir saksofoonmusiek en ’n aanleg om mense op kreatiewe maniere dood te maak. Dink Coen-broers en Westerns in Brixton en Sandton. Karsten-noir uit die boonste rakke!

€15.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Karsten het die ATKV-Prosaprys vir sy debuutroman, Frats, gewen in 2008 en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Seisoen van sonde in 2010. In 2011 wen Chris beide die ATKV-Prosaprys en die ATKV-Prys vir Spanningslektuur vir Abel se Ontwaking. ’n Man van min belang (2013) was naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd. Karsten is ’n ervare oudkoerantman (Beeld, Volksblad en Rapport) en skrywer van kinderboeke, sowel as ’n Ware misdaad-reeks. ’n Film gebaseer op Abel se ontwaking word einde 2014 vrygestel. Hy woon deesdae in Kanada saam met sy vrou en sy seun.

Compre este e-book e ganhe mais 1 GRÁTIS!
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 400 ● ISBN 9780798167857 ● Tamanho do arquivo 2.5 MB ● Editora Human & Rousseau ● Publicado 2014 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 4762770 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

790.777 Ebooks nesta categoria