Nelia Engelbrecht 
Die Poort 3: Helers [EPUB ebook] 

Apoio

Dan glimlag Leonardo. “Nou ja, love and greetings. Soos ek gesê het, ek sal mooi na jou meisie kyk terwyl ons in Italië is.” Hy begin wegstap. “Kom jy, Kali?” roep hy oor sy skouer.
“Ek dink nie ons sal mekaar weer sien voor ons lughawe toe ry nie.” Ek soen Zak sag op sy wang. “Ek mis jou al klaar.”
Hy gryp my hand toe ek omdraai om weg te stap. “Kali, ek is lief vir jou en ek sal nie toelaat dat iets . . .” Hy bly vir ’n sekonde stil, sy oë op Leonardo se rug, “. . . of iemand tussen ons kom nie.”
“Niks sal ooit tussen ons kom nie, Zak, ” is my laaste woorde voor ek agter Leonardo aan drafstap.
Die Nuwelinge word na Venesië ontbied om voor die Internasionale Raad van Bewakers te verskyn. Selfs in die Bewakersvesting op Poveglia is hulle uitgelewer aan die Ander en word Kali se Helerskrag, maar ook haar lojaliteit, tot die uiterste beproef.

€8.49
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore. In 1994 begin sy fiksie skryf – kortverhale en liefdesverhale. Haar jeugboek Pandora se boks is die wenner van ‘n ATKV-kinderboektoekenning sowel as die Scheepersprys vir Jeuglektuur (2009). Sy werk tans as redakteur en skrywer in die Korporatiewe Sake-kantoor van die Potchefstroom-kampus van die NWU.

Compre este e-book e ganhe mais 1 GRÁTIS!
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 176 ● ISBN 9780624077541 ● Tamanho do arquivo 0.4 MB ● Idade 17-14 anos ● Editora Tafelberg ● Publicado 2017 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 5203992 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

59.960 Ebooks nesta categoria