Chris Barnard 
Oulap se Blou [PDF ebook] 
veertig kort vertellings

Ajutor
Hy het gewonder of ’n mens diep binnekant jou net so baie onbekende plekke het soos die land waarin jy woon, so baie uiteenlopende plekke, so baie byna onbegaanbare paaie. Die stories in hierdie boek is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne. En soos reise altyd maak, beweeg hulle jou, want jou siel is die eintlike reisiger. En soos met alle reise kleef daar ’n blouïgheid aan die opwinding. Veertig jaar ná die verskyning van sy eerste, lank reeds beroemde kortverhaalbundel Duiwel-in-die-bos, het Chris Barnard baie om na terug te kyk. Seunskindjare in ’n landelike paradys. Die liefde in haar vele verleidinge. Vriende, en wat van hulle geword het. ’n Land, en wat dáárvan geword het. Dalk ’n singende en dansende land. In hul skone eenvoud soek hierdie veertig kort vertellings die plekke op waar lag en verlange naaste bure is. Stories sonder versiering, wat hulle juis die mooiste stories maak. CHRIS BARNARD, een van die mees bekroonde skrywers in Afrikaans (o.m. die Hertzogprys twee keer, die CNAprys drie keer) is in 1939 in Nelspruit gebore. Hy was boekuitgewer, joernalis en filmvervaardiger, en as skrywer was hy een van die befaamde Sestigers wat die letterkunde se grense dramaties versit het. Sy tweede roman, Mahala, word dekades reeds onder die klassieke Afrikaanse werke gereken. Sy oeuvre sluit talle literatuursoorte in: kortverhale en romans, jeugverhale, dramas, draaiboeke (o.m. die Oscargenomineerde Paljas), rubrieke en deesdae lirieke. Sy werk is wyd vertaal. Hy is tans ’n neuteboer in Mpumalanga.
€6.33
Metode de plata
Cumpărați această carte electronică și primiți încă 1 GRATUIT!
Limba Africană ● Format PDF ● Pagini 144 ● ISBN 9781415202869 ● Editura Penguin Random House South Africa ● Publicat 2011 ● Descărcabil 6 ori ● Valută EUR ● ID 5695412 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

303.186 Ebooks din această categorie