Nicci is ‘n willewragtig op ‘n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef ‘n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes.
Despre autor
Christien Neser is ’n spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg. Sy het haar eerste boek, Kondensmelk (Lapa) in 2009 gepubliseer. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks, waarvan boek 8 in 2017 verskyn het. Nes Nicci, die hoofkarakter in haar boek Pienk is nie vir sissies nie (Tafelberg, 2017) is Christien ook tuis op ‘n bergfiets.