Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie
Die groot dag het eindelik aangebreek … Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie – ’n ponie!
Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies toe sy hoor die ryskool beplan ’n piekniek in die veld. Al die ruiters en hul ponies mag spesiale kostuums dra. Lulu kan nie wag om ’n oulike kostuum vir haar en haar ponie te ontwerp nie! Sy droom immers daarvan om eendag ’n beroemde modeontwerper te word.
Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef – en Lulu beland pens en pootjies binne-in haar grootste avontuur nóg!
Cumpărați această carte electronică și primiți încă 1 GRATUIT!
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 72 ● ISBN 9780799389388 ● Editura LAPA Uitgewers ● Publicat 2019 ● Descărcabil 3 ori ● Valută EUR ● ID 6909347 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM