Dit is SKOOLVAKANSIE! Zackie en Vincent gaan sommer hope pret hê! Hulle gaan swem skaatsplank ry in die parkie en met hulle watergewere speel. Maar soos gewoonlik is Anton die boelie ook in die omtrek. En hierdie keer het hy iemand wat hom gaan help om Zackie-hulle se pret te bederf. Boonop het mevrou Langenhoven kuiergaste vir die vakansie – en Zackie en Vincent word gedwing om met die VERVELIGE tweeling te speel. Dit lyk of dit die aakligste vakansie OOIT gaan wees! Maar toe ’n splinternuwe restaurant sy deure open met ’n kompetisie om te kyk wie die meeste Monster-melkskommels kan drink begin dit lyk of die vakansie dalk GROOT pret kan wees … Die wenner kry immers ’n splinternuwe WILDE WOESTE WATERGEWEER as prys …
Cumpărați această carte electronică și primiți încă 1 GRATUIT!
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 48 ● ISBN 9780799392302 ● Editura LAPA Uitgewers ● Publicat 2019 ● Descărcabil 3 ori ● Valută EUR ● ID 6909366 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM