Die oorspronklike Engelse roman – THE FAULT IN OUR STARS – is ’n internasionale blitsverkoper waarvan ook ’n baie suksesvolle rolprent gemaak is. Die bekende skrywer en kunstenaar, Tinus Horn, het die boek op ’n sensitiewe manier in Afrikaans vertaal as DIE FOUT BY ONS STERRE. Ondanks die mediese wonderwerk wat gewasse laat krimp en vir haar ’n paar jaar koop, stuur Hazel se lewensverhaal op die einde af; haar diagnose het die inhoud van die laaste hoofstuk bepaal. Maar wanneer ’n uiters aantreklike omwenteling met die naam Augustus Waters by die kankerondersteuningsgroep vir kinders instap, word Hazel se storie van voor tot agter herskryf. Rou, dapper, oneerbiedig en vol insig. DIE FOUT BY ONS STERRE is tot dusver die bekroonde skrywer John Green se mees ondernemende en hartroerende roman, waarin hy die lagwekkende, asembenewende en tragiese aard van die lewe en liefde skitterend verken.
John Green
Die Fout By Ons Sterre [EPUB ebook]
Die Fout By Ons Sterre [EPUB ebook]
Cumpărați această carte electronică și primiți încă 1 GRATUIT!
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 320 ● ISBN 9781485900283 ● Editura Penguin Random House South Africa ● Publicat 2016 ● Descărcabil 3 ori ● Valută EUR ● ID 4982726 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM