Marié Heese 
Maestro [EPUB ebook] 
‘n Roman oor die vormingsjare van Gianlorenzo Bernini

Ajutor

Die beeldhouer en argitek Gianlorenzo Bernini is gebore in 1598. Hy was skaars tien toe beide sy pa en geledere uit die Vatikaan begin besef die jonge Bernini is geniaal – ’n kunstenaar wat in die voetspore van Michelangelo kan volg, of . . . selfs beter?
Heese neem ons op ’n reis deur Bernini se lewe, vanaf sy grootwordjare totdat hy op die ouderdom van 41 in die huwelik tree. Deur sy sien ons die daaglikse lewe in Rome van die 1600’s, die Kerk wat tegelyk korrup en tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars is, en hoe Gianlorenzo algaande sy stem as beeldhouer vind. Bowenal sien ons hoe koorsagtig hy dít wat by hom spook, verbeeld – alles ter wille van die marmer, wat hy soos sagte vlees kan laat lyk.
Maestro is ’n uitsonderlike geskiedkundige roman oor die geniale beeldhouer van die sewentiende eeu, eeue lank bykans vergete. En tegelyk is die boek ’n viering van kunstenaarskap en menswees. ​
‘Hierdie biografiese roman oor Bernini is soos die beeldhouwerk van ’n meester . . . daar is niks oorbodig nie; wat daar is, is sprekend en essensieel. Meer kan ’n mens nie van ’n boek vra nie.” – Deborah Steinmair

€15.99
Metode de plata

Despre autor

Marié Heese het bekendheid verwerf met haar roman Die uurwerk kantel in 1976. Jare later verskyn drie Engelse romans, The Double Crown, The Colour of Power, en die opvolg, A Triple-headed Serpent. Vuurklip, die eerste roman in Afrikaans oor die prehistoriese tydperk ter plaatse, verskyn in 2013. Marié woon saam met haar man in Stilbaai.

Cumpărați această carte electronică și primiți încă 1 GRATUIT!
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 480 ● ISBN 9780798173926 ● Mărime fișier 0.8 MB ● Editura Human & Rousseau ● Publicat 2016 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 4993539 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

40.792 Ebooks din această categorie