Annelize Morgan 
Slavin van La Liberté [EPUB ebook] 

поддержка

Toe Leia as jong skipbreukeling aan die ooskus van Afrika uitspoel, het Tembisa, ’n inboorlingvrou, haar gevind en grootgemaak. Net voor Tembisa se dood het sy vir Leia ’n kosbare goue hangertjie met ’n vreemde embleem daarop gegee. Dit was om haar nek toe sy gevind is. “Jy moet die pad loop waarheen dit jou neem, ” het Tembisa gesê. “Jy hoort waar die hangertjie vandaan kom . . .” Leia se lewe slaan dan ook onherroeplik ’n nuwe rigting in wanneer sy gevange geneem word deur ’n slawehandelaar, Lantini, en verkoop word aan die aantreklike graaf Jacques de la Fontaine. Die beeldskone wit slavin se koms op La Liberté veroorsaak ’n beroering. Sy is glad nie gedienstig nie, en haat haar ingeperkte vryheid en die mense wat dit veroorsaak intens. Haar sonderlinge skoonheid en ingebore adellikheid val mense op en bring komplikasies mee. Lantini wil haar graag terughê om teen ’n hoër prys van die hand te sit, en Beatrice de Boudelaire, die graaf se toekomstige vrou, wil haar tot elke prys weg hê van La Liberté. Intussen is daar nog die goue hangertjie met die vreemde embleem wat die enigste sleutel is tot Leia se vergete verlede . . .

€4.99
Способы оплаты

Об авторе

Annelize Morgan is ’n ou hand wat liefdesverhale betref. Sy het meer as 40 titels agter haar naam en is bekend vir haar verhale vol spanning en intrige, asook verhale wat in die woestyn afspeel. Sy en haar man woon op Ladismith en is voltyds betrokke by ’n privaat uitgewery.

Купите эту электронную книгу и получите еще одну БЕСПЛАТНО!
язык африкаанс ● Формат EPUB ● страницы 224 ● ISBN 9780624066507 ● Размер файла 0.4 MB ● издатель Tafelberg ● опубликованный 2013 ● Издание 1 ● Загружаемые 24 месяцы ● валюта EUR ● Код товара 4534602 ● Защита от копирования Adobe DRM
Требуется устройство для чтения электронных книг с поддержкой DRM

Больше книг от того же автора (ов) / редактор

294 217 Электронные книги в этой категории