Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch.
In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind.
In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika.
In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004).
8 Электронные книги Elsa Joubert
Elsa Joubert: Reisiger
Die tweede deel van Elsa Joubert se outobiografiese tweeluik is ’n lewensverhaal wat soos ’n roman lees. Dit begin waar sy as vyf-en-twintigjarige haar eerste alleenreis aanpak, ’n tog wat haar deur …
EPUB
африкаанс
DRM
€16.99
Elsa Joubert: Reise van Isobelle
Die jare 1894 tot 1994 is vir die Afrikaner ’n tydperk van grootse maar veral pynlike gebeure. ’n Gewone Suid-Afrikaanse familie beleef in hierdie roman die Anglo-Boereoorlog, die Eerste Wêreldoorlog …
EPUB
африкаанс
DRM
€13.99
Elsa Joubert: Die swerfjare van Poppie Nongena
CNA-prys (1978), Louis Luyt-prys (1979), WA Hofmeyr-prys (1979), Winifred Holtby-prys (1981). Die swerfjare van Poppie Nongena het by verskyning in November 1978 die gemoed van die hele land beroer. …
EPUB
африкаанс
DRM
€13.99
Elsa Joubert: Spertyd
“Daar is ’n dun skilletjie om ons brein wat ons in die hede anker. Maar soos ’n mens oud word, kom daar skeurtjies in die skil, soos ’n ou laken skif. Dan stroom die verlede daardeur, ontydig of nie. …
EPUB
африкаанс
DRM
€14.99
Elsa Joubert: Cul-de-sac
Celebrated author Elsa Joubert has been a traveller to foreign places all her life. With this memoir, completed in her 95th year, she explores the continent of old age. It is a searing, honest accoun …
EPUB
английский
DRM
€14.99
Elsa Joubert: The Hunchback Missionary
At a prayer meeting on a cold Rotterdam night, the young clerk Aart Anthonij van der Lingen — a pale, sickly, hunchbacked ‘fish from the North’ — is held in the charismatic Reverend Johannes Kicherer …
EPUB
английский
€8.99
Elsa Joubert: The Long Journey of Poppie Nongena
Voted one of the hundred most important books published in Africa during the last century. Winner of the WA Hofmeyr Prize, the CNA Literary Award and the Louis Luyt Prize.Sharing the language and rel …
EPUB
английский
€7.99
Elsa Joubert: The Long Journey of Poppie Nongena
Poppie Nongena’s arduous journey covers 40 years of South Africa’s history, sweeping through the riots of Sharpeville, Soweto and Cape Town, on to an indefinite but unpromising future. The plot refle …
EPUB
английский
€8.99