Elsa Winckler 
Tydlose liefde [EPUB ebook] 

поддержка

Kalinda het uit Toronto gekom om navorsing te doen oor Kanadese soldate in die Anglo-Boereoorlog. Sy’s twee jaar terug van Neil geskei en het Suid-Afrika agtergelaat vir ’n nuwe lewe, maar noudat sy terug is in die land, onthou sy opnuut sy dreigende laaste woorde aan haar . . .
Maar vir eers het sy ander probleme. Soos die spook, jou wrintiewaar ’n regte-egte spook, wat in haar kar geklim het op pad na Paardeberg − én haar kantsakdoekie op die sitplek agtergelaat het.
En dan, op die plaas aangekom, het sy te kampe met die wildewragtag van ’n Zach, rekenaarspeletjie-ontwerper en opstandige asmalyer, met sy onversadigbare drang na werklik ekstreme sportsoorte − en die onverklaarbare drif wat dadelik tussen hulle posvat.
Terwyl Kalinda die geskiedenis en haar spook se spore volg, kry sake tussen haar en Zach alte vinnig koers – maar sy hoor mos van sy arrogante drie-date-reël, en sy weet haar hart het dít allermins nodig. Boonop is Neil tóg nie iets van die verlede nie . . .

€4.99
Способы оплаты

Об авторе

Elsa Winckler was laerskoolonderwyser en het later in haar lewe ’n BA deur Unisa voltooi, asook ’n honneursgraad in Engels en ’n MPhil in Dokumentanalise en -ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het van 1997 tot 2010 heeltyds by die US gewerk as administratiewe beampte by die departement Engels. Haar heel eerste liefdesverhaal, Tussen jazz en rock (LAPA), het ’n 2010 Woordveertjie ontvang. Sy bly op Bettysbaai.

Купите эту электронную книгу и получите еще одну БЕСПЛАТНО!
язык африкаанс ● Формат EPUB ● страницы 224 ● ISBN 9780624067085 ● Размер файла 0.5 MB ● издатель Tafelberg ● опубликованный 2014 ● Издание 1 ● Загружаемые 24 месяцы ● валюта EUR ● Код товара 4534644 ● Защита от копирования Adobe DRM
Требуется устройство для чтения электронных книг с поддержкой DRM

Больше книг от того же автора (ов) / редактор

296 684 Электронные книги в этой категории