автор: Riana Steyn

поддержка
Sarah Adriana (Riana) Steyn (née Joubert) is op Winburg gebore en het op ’n plaas in die distrik Dewetsdorp in die Vrystaat grootgeword. Sy matrikuleer in 1985 aan die Oranje Meisieskool in Bloemfontein en studeer aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarna is sy vir vyftien jaar as lektor aan die Departement Antropologie en Argeologie aan die Universiteit van Suid-Afrika verbonde. Hier voltooi sy haar magisterverhandeling met lof. Sy beklee ook ’n tydelike betrekking aan die Universiteit van Johannesburg. Sedert 2013 is sy ’n deeltydse lektor in Antropologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy, haar man, Deon en hul kinders, Luke en Sarah-Anne woon buite Bloemfontein.




1 Электронные книги Riana Steyn

Athol Fugard & Riana Steyn: Die laaste karretjiegraf
Athol Fugard het met die koms van sy tagtigste verjaarsdag besluit om ’n toneelstuk in sy ma se moedertaal te skryf, soos sy hom jare gelede gevra het. Met behulp van Riana Steyn se kennis en …
EPUB
африкаанс
DRM
€12.99