Lily, pas geskei en nie meer ’n skilder nie, het gegaan van galerykurator tot ontwerper by Exotic Tattoos in Vishoek. Sy is ’n groot Tretchikoff fan, wat sy nie by Galerie Zeitgeist hardop kon sê nie. Dan ontmoet sy haar Russiese buurman. Voor jy “Tretchi” kan sê, sit sy met ’n kosbare vrag op ’n vlug Kazakstan toe. Sy kry g’n enkele Tretchikoff daar nie, net ’n verwarrende soen. Terug in Vishoek begin sy weer skilder, want môre kom dalk te laat.
Om författaren
Anita du Preez is gebore in Port Elizabeth. Sy het in die visuele kunste studeer en aan UNISA haar BA Honneurs- en Magistergrade verwerf, albei cum laude. Anita bekoor lesers met haar lekkerlees-skryfstyl en haar subtiele maar skreeusnaakse kommentaar oor alle tipe verhoudings waarmee veral vrouens gekonfronteer word. Sy woon in Kaapstad.