Daar is meer as genoeg bewyse dat Elton April Laerskool Jakaranda se NOMMER EEN loser is: Sy Afrikaanse onnie dink hy gaan graad sewe dop, sy krieket-kit word gesteel, sy kamstige pel se waterbom-idee maak dat hy detensie moet sit en uitmis op ’n rugbyliga-game . . . maar dan is daar die nuwe rooikopjuffrou met die besem en die oranje klaskamer. Is sy regtig so mislik soos sy lyk? En wat op aarde beplan sy met die pampoenplantjies in haar klas?
Om författaren
Carin Krahtz is in 1965 in Pretoria gebore en voltooi haar skoolloopbaan aan die Oos-Rand. In 1988 slaag sy haar Honneursgraad in Joernalistiek met lof aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy publiseer ’n aantal kinderboeke wat hoofsaaklik in die skolemark gebruik word.
Köp den här e-boken och få 1 till GRATIS!
Språk Afrikaans ● Formatera PDF ● Sidor 144 ● ISBN 9780624088356 ● Filstorlek 6.1 MB ● Ålder 17-14 år ● Utgivare Tafelberg ● Publicerad 2018 ● Utgåva 1 ● Nedladdningsbara 24 månader ● Valuta EUR ● ID 6725124 ● Kopieringsskydd Adobe DRM
Kräver en DRM-kapabel e-läsare